Kyk
kykWOEMA!
Die eerste 13 episodes van Woema is tussen Januarie en April 2008 uitgesaai. Die reeks het die geboorte van ‘n televisieprogram oor motorfietse bedryf en die kykers is bekend gestel aan die karakters Theunis Nel en Lindie Botha. ‘n Mengsel van humor, nuttige informasie en avontuur het gou ‘n gehoor begin trek en die premier episodes en herhalings het duisende kykers per week getrek.
In 2009, selfde seisoen, begin die tweede reeks van 13 episodes. Die keer was daar meer avontuur en steeds die humor en handige wenke van die eerste reeks. Teen die derde episode van die reeks was kykertalle per week reeds so hoog soos 200 000. Daar is ook sterk aanduidings dat die program baie engelse, swart en Indiër kykers trek. Die formaat van die program is verskerp asook die produksie waardes.
In 2011 het die derde reeks van WOEMA begin. Daar was nou groot avontuur in elke episode en meer van die gewone ouens wat in die leefstyl van motorfiets ry verdiep. Die produksie standaarde van die reeks is weereens hoog en dit maak Woema ‘n gemaklike program om na te kyk. Borge vir reeks 3 was; die hoof borg - World of Accessories, dan het ‘n nuwe gesig vir WOEMA ook haar produk kom bemark en was baie gou deel van die aksie en dit is Anria van Heerden. WOEMA se ou vriende Hochland Auto was ook weer aan boord.
Woema die vierde reeks begin Vrydag die 6e Januarie 2012 om 17h30 net op kykNet. Theunis en Lindie het al klaar begin opneem en die nuwe gesigte van Woerma gaan jou nog ure se vermaak opdis.


